|
|
|
|
|
|
Wanneer het ons begin boer? |
|
Ons het in 2001 die geleentheid
gekry om ons eerste stukkie grond te bekom.
Ons het kommersiëel met beeste geboer tot in
2006 waarna ons besluit het om met ‘n Simbra
Stoet te begin. Ons het in tussen in 2010
met ‘n Meatmaster stoet begin. Teen einde
November 2011 het daar ‘n behoefte ontstaan
om ook ‘n voer aanleg op te sit en
daar die ontstaan van Biandi Voere.
Ons het ook
in die wild bedryf ingeklim en wil graag ook
soos met die beeste groot hoogtes bereik met
die buffels, waterbuffels en leeumannetjies
wat ons wil teel. |
|
Waar kom die naam "Biandi" vandaan? |
|
“Biandi” kom van ‘n kombinasie van
ons tweeling dogters se name af – Yolandi en
Bianca. |
|
Waar boer ons? |
|
Tussen Klerksdorp en Ventersdorp in
die Noordwes. Weiding is meestal natuurlike
veld met ook stukke aangeplante Smitsfinger
gras. |
|
Hoekom Simbras? |
|
My pa was ‘n groot Brahmaan teler
en het met die ore groot geword. Hy
het al in 1982 Brahmaan koeie gespoel en
met groot sukses.
My aanvanklike kudde was grotendeels
Brahmaan/Simmentalers kruis koeie wat ek as “Cums”
ingebring het. Dit was op daardie
stadium vir my ‘n bekostigbare manier om met
‘n stoet te kan begin en veral met die
oopboek stelsel wat ons Genootskap ons bied.
Ek het na my eerste keuring by top
telers van die beste diere aangekoop wat ek
kon bekom, vroulik sowel as manlike en
dadelik begin teel, KI en embrio's spoel. |
|
|
Hoekom Meatmasters? |
|
Ek het ‘n skaap gesoek wat gehard is
soos die Simbra en wat nie so vinnig vrek en
baie werk het nie – en het ek die ras gekry
– glo my maar! Ek skeer nie sit nie rekkie
aan nie, doseer en dip die minimum en gee
die minimum lek.
Ek kry meerlinge in ekstensiewe
omstandighede en die ooie maak hulle self
groot. My lammers lam op 12-13 maande
en die vraag na die skape is ongelooflik! Ek
probeer sovêr moontlik net Tweeling ramme
gebruik. |
|
Farmerscity |
|
Ons het Farmerscity bekom in Oktober
2011.
Dit is geleë in Potchefstroom in
Noordwes Provinsie.
Ons verkoop veevoere, lekke,
medisyne en bykomstige toerusting en
benodighede. |
|
The Big Bin |
|
The Big Bin het begin as ‘n klein
“bucketshop” waar daar 2 werknemers was wat
skroot aangekoop het.
Al die material wat aangekoop was is
dan deur een van die plaaslike
herwinning besighede opgelaai, geweeg en
aangekoop.
Ons het later ons eie vragmotors met
krane, Excavators, baal masjiene en Bintrokke
met bin bakke aangeskaf en vandag lewer ons, ons herwinbare afval materiaal aan van die
groot verskaffers en smeltereie direk.
The Big Bin is geleë in Stilfontein, ‘n
dorpie tussen Klerksdorp en Potchefstroom. |
|
|
Ons Wild |
|
Ons het ook
'n verskeidenheid wilde diere op die plaas
en spesialiseer
-
leeus
-
waterbuffels
-
buffels
Kliek HIER om foto's te sien.... |
|
|